Tuis

Uitnodigings


Lekkergoedpakkies

Versierings / Dekor

Ooievaarstee


Kontak Ons


English

Idees en Speletjies


Versierings

Hier is 'n paar idees om die plek 'n lekker atmosfeer te gee:

  • Ballonne is altyd 'n wenner

  • 'n Kersboom versier met babaspeelgoed

  • 'n Teddie met 'n doek en 'n bottel, lossies toegedraai in 'n babakombersie, wat in 'n stootkarretjie of babastoeltjie sit

  • Tou wat oor die vertrek gespan word soos 'n wasgoedlyn. Steek met wasgoedpennetjies groot letters daaraan vas met bewoording van jou keuse. Wanneer Mamma haar geskenkies oopmaak, kan die letters vervang word met die babakleertjies. Dan kan almal die kleertjies bewonder wanneer hulle later smul aan die lekker eetgoed. Jy kan die groot letters by ons koop - sien verpersoonlike produkte.

  • 'n Oulike tafelversiering is 'n glasbak gevul met water en met badspeelgoed en/of blomme en/of gekleurde klippies daarin.


Mooi Herinneringe

Die meeste mammas sal graag ietsie wil hÍ om die dag te onthou. 'n Goeie idee is om 'n mooi bÍre-boks te koop om al die herinneringe in te bÍre. Koop 'n mooi foto-album waarin die foto's van die dag gehou kan word en sit dit binne in die boks. Na die partytjie kan die bywoningsregister ook daarin gesit word asook een van die dankie geskenkies.

Om dit ekstra spesiaal te maak, kan houertjies met mooi gedrukte kaartjies (so groot soos besigheidskaartjies) op 'n tafel gesit word tydens die ooievaarstee met blikkies gekleurde penne daarby. Vra die gaste om op die agterkant van die kaartjies vir die mamma goeie wense, raad en idees neer te skryf. Jy kan verskillende kaartjies in aparte houertjies sit; 'n houertjie met kaartjies vir goeie wense, 'n houertjie met kaartjies vir raad en 'n houertjie met kaartjies vir idees. Dit sal vir die mamma heerlik wees om dit na die tyd deur te lees. Hierdie houertjies kan ook in die bÍre-boks gesit word. Sien verpersoonlike produkte vir ons advieskaartjies.

Dink net hoe lekker gaan dit vir Mamma wees om jare vorentoe al hierdie herinneringe met die kleinding te deel! Onthou om iemand te kry om sommer baie foto's te neem. As dit kan, neem die partytjie sommer met 'n video kamera ook af.
 


Speletjies

Daar is hope speletjies wat julle kan speel!

Ons het 'n dokument vol speletjies wat jy kan aflaai. Van die speletjies benodig vooraf beplanning en aankope. Maak seker jy het genoeg tyd om die voorbereidings daarvoor te doen.

Om die dokumente af te laai, klik op die skakels hier onder:


Terug

Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise

© Party Surprise cc, 2010
All Rights Reserved.


Tuis | Uitnodigings | Lekkergoedpakkies
Versierings / Dekor | Ooievaarstee | Kontak Ons