Tuis

Uitnodigings


Lekkergoedpakkies

Versierings / Dekor

Ooievaarstee


Kontak Ons


English


 

Kontak Besonderhede

Kontak ons vir enige navrae, kwotasies en bestellings.

Tel: (016) 971 3988
Faks: 086 544 3045
E-pos: info@partysurprise.co.za

Winkel 10, Tharina Sentrum
Opperman Straat
Vaalpark, Sasolburg
(Vaaldriehoek, Suid Afrika)

Pryslys


Besigheidsure:

Maandag - Vrydag: 09:00 - 17:30
Saterdag: 09:00 - 13:00
Sondag en Publieke Vakansiedae: Gesluit
   

Hoe om te Bestel

Jy kan jou bestelling via faks, e-pos of telefoon deurgee. Ons benodig ook jou naam, kontaknommer, afleweringsadres en afleweringsmetode (sien onder). Ons sal eers vir jou 'n geen verpligting kwotasie gee. Wanneer ons jou betaling / bewys van betaling ontvang het, voltooi ons jou bestelling en word jou pakkie uitgestuur. Onthou sommige produkte het 'n wagtydperk terwyl ons dit maak.

Bestellings kan ook by ons winkel gedoen word en daar opgelaai word.


Aflewering

Ons koerier / pos ons produkte landswyd. Drie afleweringsmetodes is beskikbaar:

Ekonomiese Koerier Aflewering:  Kleiner bestellings kan gekoerier word vir aflewering by jou deur teen 'n koste van R55 - R85 (afhangende van die grootte) binne 1-4 dae (afhangende van jou ligging). Vir groter bestellings sal die koerierkoste afhang van die grootte en gewig van jou pakkie - kontak ons vir 'n kwotasie.

Oornag Toonbank-tot-Toonbank Aflewering: Dringende bestellings kan oornag gestuur word met Speed Services na jou naaste Poskantoor. Hierdie is die duurste opsie en die koste hang af van die grootte en gewig van jou pakkie - kontak ons vir 'n kwotasie.

Gewone Versekerde Pos: As jy nie haastig is vir die produkte nie, kan dit met gewone versekerde pos deur die Poskantoor gestuur word (aflewering by jou naaste Poskantoor binne 4-7 dae). Hierdie is die goedkoopste opsie en die koste hang af van die gewig van jou pakkie - kontak ons vir 'n kwotasie. Alle pakkies word verseker en jy sal 'n naspoornommer ontvang.


Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise     Party Surprise

© Party Surprise cc, 2010
All Rights Reserved.


Tuis | Uitnodigings | Lekkergoedpakkies
Versierings / Dekor | Ooievaarstee | Kontak Ons